Meer oor ons

Ons is nie ‘n skool soos enige ander skool nie, ons is ook nie net ‘n musiek- of koorskool nie. Die woorde ‘renaissance’, ”n nuwe manier van dink’ en ‘nuut sonder om die wiel te herontdek’ is alles woorde waarmee ons skool, die Kaap se enigste koorakademie, beskryf kan word.

Leer ken die Kaap se enigste Koorakademie

Akademiese Benadering

‘n Akademiese program vorm die basis vir enige akademiese instelling, wat dan ook die geval is met die Kaapse Koorakademie. By die Akademie sal die akademiese program steeds die kern van ons leerders se opleiding wees. Dit sal egter nie die enigste intellektuele stimulus wees nie. Ons Akademiese Koördineerder, Mev. Belinda Glover bestuur die akademiese program op so ‘n wyse dat ons leerders die beste akademiese onderrig ontvang.

Benadering to musiek

Vir ons is musiek nie ‘n “nice to have” luukse of ‘n vorm van vermaak nie; ons beskou musiek as ‘n noodsaaklike komponent van onderrig. Ons glo dat die impak van musiek op kognitiewe ontwikkeling by jong mense die breinfunksie van leerders verbeter, aangesien die kreatiewe (regterbrein) sowel as die logiese (linkerbrein) denkpatrone deur musiek gestimuleer word. Hierdie kreatiewe sowel as logiese funksies is veral belangrik vir probleemoplossing in ons voortdurende veranderende wêreld.