Benadering tot musiek

Ons beskou musiek as ‘n integrale komponent van opvoeding, en sien impak daarvan op kognitiewe ontwikkeling van jong denkers. Musiek verbeter nie net breinfunksie nie, maar stimuleer ook beide kreatiewe (regterkant van die brein) en logiese (linkerkant van die brein) denkpatrone, noodsaaklik vir probleemoplossing in ons veranderende wêreld.
Ons het ‘n vennootskap met die Musiekdepartement van die Universiteit, Stellenbosch (“Konservatorium”) gevestig, wat hul studente geleenthede bied om as musiekopvoeders te ontwikkel terwyl hulle hul studies voortsit. Die Kaapse Koorakademie bied internskappe aan hierdie studente en ondersteun ook hul praktiese assesserings soos toepaslik geag deur die Universiteit Stellenbosch.
Ons program sluit opleiding vir studentedirigente, orreliste, sangers, pianiste en ander instrumentaliste in, sowel as onderrig in gehoorvaardighede en musiekteorie.
By die Universiteit Stellenbosch Konservatorium ontvang ons leerders ook weekliks onderrig in:
- Instrumentale lesse (aangebied in beide individuele en groepsklasse)
- Gehooropleiding
- Musiekwaardering
- Musiekteorie
- Algemene klawerbordvaardighede
- Individuele sangless

Om ‘n musikant te wees

In die Wes-Kaap het ons ‘n jarelange tradisie uitstekende skool en gemeemnskapskore. Die Kaapse koorakademie bou op hierdie nalatenskap voort en plaas die koor in die hart van ons instelling. Daarom is ons nie bloot ‘n skool met ‘n koor nie, maar ‘n koor met ‘n skool, waar koormusiek sentraal staan in die vorming van ons opvoedkundige etos.
Regdeur die akademiese kwartaal hou die koor konserte elke tweede Woensdag om 17:30 in die Stellenbosch Moederkerk. Verder kan die koor gebruik vir sang tydens begrafnis- en troues, beskikbaar teen ‘n fooi. Hierbenewens tree die koor ook op by korporatiewe funksies en ander groot feeste asook konserte soos by die Woordfees in Stellenbosch en toere regoor Suid-Afrika. Ons tree ook saam met orkeste soos die Kaapstadse Barokorkes op en tree later van jaar met die Kaapse Wynlandorkes op.
Om ‘n optrede te bespreek, kontak asseblief ons Toer- en Konsertbestuurder, Divan Bosman.
