Fooistruktuur

Inleiding
Cape Choral Academy NPC as ‘n Onafhanklike Skool sal elke ouer/voog individueel skakel rakende die skoolfonds wat betaalbaar is. Hierdie Fooistruktuur Blad dien slegs as ‘n aanduiding vir hoe die finansies van die skool in 2025 lyk.
Huidige Jaarlikse Skoolfonds
- R88 000,00 skoolfooie
- R150 000,00 skoolfooie en koshuis

Nuwe Leerderontwikkelingsfonds
Vir die doeleindes van infrastruktuurontwikkeling vereis ons ‘n eenmalige bedrag van R25 000 betaalbaar teen 1 Februarie waarvan 70% aan die einde van die leerders se matriekjaar terugbetaal sal word.
Bykomende uitgawes bo en behalwe skoolfonds
Alle uitgawes is by die Jaarlikse Skoolgfondse ingesluit. Alle uitstappies, koorklere, konserte, aktiwiteite, toere, vervoer, musieklesse in samewerking met die Universiteit Stellenbosch en dies meer. Slegs aktiwiteite wat nie deur die Skool verskaf word nie en waaraan u kind graag wil deelneem indien die skoolprogram dit toelaat, sal vir u eie rekening wees.
Addisionele Inligting
Volg hierdie skakel vir meer inligting oor die CCA se fooistruktuur.