OPE DAE 2025:
08 Februarie | 19 Maart | 21 Mei | 20 September
Volg hierdie skakel om u bywoning te registreer.
Ons toelatingsproses bestaan uit twee fases. In Fase 1 sing aansoekers ‘n oudisie, voltooi ‘n akademiese toets asook ‘n onderhoud. Na die suksesvolle voltooiing van Fase 1, kan aansoekers na Fase 2 voortgaan.
Toelating: Fase 1

Die volgende toetse sal deel vorm van Fase 1:
1. Oudisies
Gesinne met kinders van 9 tot 17 jaar kan die oudisie-navraagvorm invul.
Ons werwingspan sal die kinders en hul ouers of voogde kontak om oudisiedatums te skeduleer. Eenvoudige stemtoetse word gedoen om musikale geheue, vokale toonkwaliteit, intonasie, omvang, ritmiese vaarheid en algehele musikale aanleg te toets.
2. Akademiesetoets
Die Akademiese Departement sal ‘n plasingstoets doen om die student se akademiese vermoëns en vaardighede te evalueer.
3. Persoonlike of aanlyn onderhoud
Tydens ‘n persoonlike of aanlyn onderhoud sal aansoekers en hul ouers/voogde die kans hê om met personeellede te skakel oor enige navrae.
Toelating: Fase 2

Vir Fase 2 van die toelatingsproses is suksesvolle voltooiing van Fase 1 ‘n voorvereiste. Gedurende hierdie stadium word aansoekers en hul ouers/voogde hartlik uitgenooi om deel te neem aan ‘n Ope Naweek by die Koorakademie in Stellenbosch.
Binne twee weke na afloop van die Ope Naweek sal aanvaardingsbriewe aan suksesvolle aansoekers uitgestuur word. Onsuksesvolle aansoekers sal ook in kennis gestel word.
