Ons kampus

Ons kampus: Buitekringweg 6, Dalsig, Stellenbosch, 7600. Sien Kaart

Ons is bevoorreg om ons gebou met die NG Kerk, Stellenbosch, Welgelegen te deel.

Spandeer ‘n dag by die CCA – bespreek gerus ‘n toer deur Beverley Tselon.

Koshuis

Studente van van ver af kom, woon in ons seuns en meisieskoshuise. By ons Hierdie koshuise heers daar ‘n verwelkomende atmosfeer wat verskil van konvensionele skoolkoshuise, met gedeelde slaapkamers. Die omgewing is ontwerp om ‘n huislike atmosfeer te skep, wat ‘n gevoel van gemak en gemeenskap bevorder. Boonop word ontspanningsareas voorsien.

Opgeleide inwonende koshuispersoneel hou toesig oor alle aspekte van ons leerlinge se welstand. Daar is tussen 2 en 3 leerders per opvoeder wat verseker dat daar altyd genoeg toesig is.

Spyseniering

Mens sana in corpore sano
– ‘n gesonde gees in ‘n gesonde liggaam

Wanneer dit oor die filosofiese benadering oor ons leerders se dieet gaan, is hierdie gesegde alte waar. Ons sal heilsame kos, direk van die plaas af en so natuurlik as moontlik, ses maal per dag voorsien. Leerders gaan die groentetuine vir hulle eie gebruik verbou. Voorts sal alternatiewe en volhoubare verbouingsvorme toegepas word.

Alle etes word vir koshuisleerders voorsien. Dagskoliere kan middagetes deur Beverley Tselon bespreek.