Raak Betrokke

By die CCA streef ons daarna om ‘n generasie innoveerders, kritiese denkers en entrepreneurs deur musiek groot te maak, wat positiewe verandering aan ons gemeenskappe in die toekoms sal bring. Ons besef ons rol en verantwoordelikheid in die oplossing van verskeie sosio-ekonomiese kwessies; daarom stel ons dit ten doel  om ons leerlinge te bemagtig om die dryfkragte te word in ons samelewing. Ons het egter finansiële bystand nodig om meer mense te bereik en om meer leerders die geleentheid te bied om deel van hierdie organisasie te word.

Hoe kan ek as ‘n individu bydra?

1. R100 debietorder veldtog

Ons het ‘n R100-debietorderveldtog as ons eerste Cape Choral Changemakers-veldtog. Teken in op die veldtog om ons te help om ons drome vir die Wes-Kaap en Suid-Afrika te verwesenlik.

Volg die skakel hieronder

2. Eenmalige Skenkings (18A belastingsertifikate)

Vir eenmalige groter bydraes kan ons besturende direkteur, Xander Kritzinger gekontak word.

3. Give and Gain

Given Gain is ‘n verdere platform by te dra tot ons beursfonds. Meer inligting oor hierdie platform kan hier gevind word.

4. Gee van jou tyd

Vrywilligers is altyd welkom! Indien jy wil help by konserte en geleenthede, of jy het ‘n vaardigheid wat ons kan help (bv. fotografie, videografie, akademiese vakkennis), kontak asseblief vir Divan Bosman.

Belê en word ‘n BBP Impakmaker

Die CCA verwelkom beleggings van enige waarde. Dit werk op ‘n drie-vlakkige basis.

Impakmakers
SILWER
Klub
Beleggings van
R1 000 to R2 999
maandeliks word as silwer vlak beskou.
  • Gepubliseer in ons nuusbrief, Die Chorus

  • Logo word gebruik op ons programme

Impakmakers
GOUE
Klub
Beleggings van
R3 000 to R4 999
maandeliks word as goue vlak beskou.
  • Gepubliseer in ons nuusbrief, Die Chorus

  • Logo word gebruik op ons programme

  • Logo sal op ons webtuiste gepubliseer word

Impakmakers
PLATINUM
Klub
Beleggings van
R5 000 en meer
word as platinum vlak beskou.
  • Gepubliseer in ons nuusbrief, Die Chorus

  • Logo word gebruik op ons programme

  • Logo word op ons webtuiste gebruik

  • Promosie op alle bemarkingsmateriaal (sosiale media, ens.)

  • Baniere ter advertering van die besigheid word by die CCA en spesiale geleenthede uitgestal

  • Baniere ter advertering van die besigheid word saam geneem op enige nasionale toere

Indien u in die CCA sou wou belê, volg die bogenomede skakels of kontak Johann Vogel vir meer inligting oor 18A Sertifikate.